Get Adobe Flash player
PAYPAL DONATIONS
EFT DONATIONS
Diamond Splash
Acc Nr: 622 785 93 788
Bank: FNB
Branch Code: 231 002
ONS FACEBOOK BLAD
facebook
IEWERS GEHOOR
Loading Quotes...

Suné vat hande met Angels of Hope in Bloemfontein

‘n Mens se hart klop sommer warm wanneer jy sien dat daar sulke jong mensies is wat op so ‘n vroeë ouderdom reeds ‘n verskil in die gemeenskap wil maak. Hierdie pragtige dogtertjies se name is: Jade Venter, Morgan Pelser en Alex Landman. Al drie van hulle is onder 12 jaar oud.

Die “Angels of Hope” is ‘n fondsinsamelingsprojek wat onder die vaandel van Beds of Hope bedryf word en Toekoms Fokus is trots om hiermee geassosieer te word.

Klein Jade Venter, wat ook as premature baba in die Universitas Akademiese hospitaal se neonatale intensiewe sorgeenheid was is nog nie eers 9 jaar oud nie en haar eerste projek is ‘n fliekaand waar kinders ‘n baba-kombersie vir toegang moet gee. Hierdie kombersies gaan sy dan aan die neonatale eenheid skenk.

Suné het reeds vir haar ‘n hupstootjie gegee deur vir haar ‘n paar kombersies te skenk.

Toekoms Fokus wil almal van die publiek aanmoedig en uitdaag om hierdie mooi projek van die “Angels of Hope” te ondersteun. Jul kan selfs vir ons kontak as u skenkings wil maak, of kontak vir Nina Brazer, bemarker en fondswerwer van van Beds of Hope, by 083-407-7060.

Ons vertel jul binnekort van die projekte waarmee Alex Landman en Morgan Pelser besig is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>