Get Adobe Flash player
PAYPAL DONATIONS
EFT DONATIONS
Diamond Splash
Acc Nr: 622 785 93 788
Bank: FNB
Branch Code: 231 002
ONS FACEBOOK BLAD
facebook
IEWERS GEHOOR
Loading Quotes...

Net toe ons moedeloos wil raak, bring God weer hoop

Hierdie was nie ‘n maklike jaar vir Suné om borge en donasies in te samel nie. Die nadraai van die resessie het definitief die mense hard getref, of meer versigtig gemaak om by ander dinge betrokke te raak.

Net gister het ons nog gewonder of ons Diamond Splash hierdie jaar heeltemal moet afstel, omdat ons sukkel om pryse geborg te kry. Ons het besluit om dit in gebed op te dra en vroeg vanoggend ontvang ek toe die oproep wat die hele dag sommer meer na Lente as Winter laat lyk en my soveel hoop gee dat ek sommer ekstra huppel in my stap het.

Met die mynbedryf gaan dit blykbaar besonder moeilik en raak diamante al hoe skaarser, maar steeds het die goedhartige Mnr Trevor Pikwane van Pikwane Diamante besluit om nie hierdie projek in die steek te laat nie. Hy skenk weer vir ons diamante om Diamond Splash ‘n sukses te maak. Ons is ewig dankbaar teenoor hom asook Johan Roets wat nog van die eerste jaar af (2010) saam met ons die pad stap en ons ondersteun. Dit is ‘n besigheid wat ‘n mens met ‘n oop hart kan ondersteun.

My gebed is dat die Liewe Vader hierdie twee mans, hul gesinne en hul besigheid sal seën.

Dit is nie al nie… Nie lank na daardie oproep nie, laat weet Dominic du Plessis van The Caffeine Co. dat ‘n besigheid in Bloemfontein (wat nog nie eens vir Suné ontmoet het nie) haar sal ondersteun deur ‘n R1000 kontant donasie. Sodra ons met hom in verbinding getree het en sy toestemming het, sal ons jul graag meer van sy besigheid vertel om hom te ondersteun.

En soos hulle sê, dinge gebeur in driee en wraggies kry ek toe vanmiddag ‘n oproep van die Universiteit van die Vrystaat. Die Jool finalis van 2011 wat saam met Suné Kovsie Splash aangebied het, Geruan Geldenhuys, het gevra dat sy geld wat ingesamel is vir die Jool aan die Suné Zaaiman beursfonds uitbetaal moet word.

Wat ‘n geseënde dag was dit nie!

Sedert Suné met haar projekte begin het, is reeds 6 beurse vir jongmense moontlik gemaak.

Dominic Du Plessis en Layndon Wright van The Caffeine Co. in Bloemfontein wat hierdie webwerf vir ons met soveel entoesiasme en betrokkenheid bestuur en ‘n gratis diens lewer om Suné te help met haar fondsinsamelings, is beslis ook mense wat gerus ondersteun kan word as jul op die uitkyk is na ‘n webwerf en ander rekenaar produkte. Hulle het hierdie afgelope tyd ongelooflik baie vir Toekoms Fokus beteken en ons is hul ewig dankbaar!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>