Get Adobe Flash player
PAYPAL DONATIONS
EFT DONATIONS
Diamond Splash
Acc Nr: 622 785 93 788
Bank: FNB
Branch Code: 231 002
ONS FACEBOOK BLAD
facebook
IEWERS GEHOOR
Loading Quotes...

Die Here weet

Die Here weet wanneer jy moeg en moedeloos voel weens verpletterende omstandighede en situasies, weet die Here hoe hard jy probeer het.
Wanneer jy so lank trane gestort het en jou hart is beklemd, het die Here jou trane getel.
As jy voel jou lewe is doelloos en die tyd het jou agtergelaat, was die Here saam met jou.
Wanneer jy eensaam voel en jou vriende te besig is om te bel of nie verstaan nie…, wag die Here saam met jou.
Die Here is saam met jou wanneer jy voel dat jy alles probeer het en nie meer raad weet nie. Hy het die oplossing.
Wanneer niks meer sin maak nie en jy seer, verward en gefrustreerd voel, het die Here die antwoord.
As jou blik op die lewe verhelder en jy weer tekens van hoop vir die lewe vind, het die Here vir jou gefluister.
Wanneer alles klopdisselboom gaan en  jy volop stof tot dank het, het die Here jou geseën.
Wanneer iets verstommends gebeur en jy daai spesiale iemand vind, het die Here se glimlag op jou gerus.
As jy ‘n droom het om te volg en ook ‘n werklikheid het om uit te lewe, het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.
Onthou net, waar jy okal is, en wat jy okal in die gesig staar, die Here is by jou.— Anoniem

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>