Get Adobe Flash player
PAYPAL DONATIONS
EFT DONATIONS
Diamond Splash
Acc Nr: 622 785 93 788
Bank: FNB
Branch Code: 231 002
ONS FACEBOOK BLAD
facebook
IEWERS GEHOOR
Loading Quotes...

Die boodskap

Dit is net te wonderlik hoe die dag eindig ! Wanneer jy uiteindelik tot ruste kom en dan tyd aan ons Hemelse Vader spandeer. Die manier hoe jy bid as jy alleen is, wanneer niks jou jaag nie. Wanneer jy by die Here pleit vir ‘n antwoord.

Ek kry my boodskappe elke dag en nie net een nie, maar ‘n paar.Die manier hoe God met my praat is verkilliend , deur God wat deur mense met my praat, deur die Bybel asook deur films wat ek kyk wat vir my ‘n booskap gee.

Ek is elke dag so dankbaar vir wat ek het en ek wil my alles vir God gee en ek kan en ek gaan! Kan enige iemand vir my vertel hoekom wil mense jou altyd keer om jou lewe ten volle uit te leef en om jou hele lewe vir God op te offer?

Ek is ‘n 12 jarige meisie in ‘n uitstekende skool wat my baie ondersteun (Eureka Laerskool). Ek is ‘n kind wat my lewe so wil leef sodat ek elke mens wat om my is kan wys hoe om op te tree en ek wil lewe hoe my ouers my groot gemaak het.

Ek wil vir elkeen wat nou hierdie ‘blog’ lees uitdaag om vandag alles te doen volgens God se woord… Ons almal as gewone mense is geneig om te SÊ dat ons alles in ons vermoë doen om te probeer om die mense rondom ons op die goeie manier te beïnvloed, maar dit wat ons sê is nie altyd dit wat ons doen nie. Ek daag julle uit!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>