Get Adobe Flash player

PAYPAL DONATIONS

EFT DONATIONS

Diamond Splash
Acc Nr: 622 785 93 788
Bank: FNB
Branch Code: 231 002

ONS FACEBOOK BLAD

facebook

IEWERS GEHOOR

Loading Quotes...

Nuutste Nuus

Wen of verloor?

Soos ek na die nuus kyk is dit net politiek waaruit die lewe van vandag bestaan. Nou op die oomblik voel dit vir my asof die wereld  in ‘n oneindiglike groot struikelblok is en niemand stop ooit en besef dat die lewe oor meer gaan nie. Soos ek in Openbaring leer wil ek al hoe meer die idee kry dat die duiwel politiek, tegnologie ens. gebruik om Christene weg te lui en om Christene blind te maak teenoor die dinge wat regtig saak maak, en dit is God. Daar is soveel mense wat so besig is met ander dinge soos tegnologie, politiek en foute van ander mense sonder om na hul eie foute te kyk. Die grootste fout wat jy kan maak is om blind te wees teenoor Christus en om  te besig te wees vir Christus, dat jy die Duiwel sy sin gee en dan kry hy uiteindelik dit waarvoor hy so hard werk. Ek moet eerlikwaar erken dat ek net so skuldig is.

Watter sukses gaan ons ooit behaal sonder God? Ek het nog nooit gehoor van mense wat sonder God lewe en dan gaan dit goed met hulle nie. Ek dink : as ons almal as Christene al hoe harder probeer om die duiwel presies die teenoorgestelde te gee van wat hy wil he, gaan hy verloor en ons gaan wen. Al wat ek kan se is dat ons nooit hierdie stryd gaan oorwin sonder God aan ons sy nie. Dis maar net hoe ek interpreteer.

So, wat dink jy ?

Sune op 16 Maart 2013 as gasspreker by Genade in Aksie se “Little Black Dress” funksie

Kyk gerus na Sune se toespraak tydens Genade in aksie se “Little Black Dress” funksie op 16 Maart 2013. http://www.youtube.com/watch?v=UOxJFSA6bHA

Suné en die Universiteit van die Vrystaat vat hande

Ons is ongelooflik opgewonde! Suné Zaaiman en die UV het hande gevat en gaan saam in “partnership” werk om projekte aan te bied om die Joe Solomon laerskool in Bloemfontein op te knap en vir die kinders van die skool geleenthede te skep wat hul goed oor hulself sal laat voel.

Hou gerus die media,ons blogs en Facebook dop vir meer inligting.

_____________________________________________________________________

We are extremely excited! Suné Zaaiman and the UFS is going into partnership to start projects that will help to do maintenance and upliftment at the Joe Solomon Primary School in Bloemfontein.

Keep an eye on the media and on our blogs and Facebook for more info.

Planne vir 2013

Kan jul glo die eerste week van die nuwe jaar is al amper weer op sy rug? Tyd vlieg so vinnig dat ons nie gras onder ons voete kan laat groei nie.

Toekoms Fokus beplan om hierdie jaar betrokke te raak by die vaardigheidsontwikkeling van behoeftige jongmense en ons hoop van harte dat die gemeenskap en besighede ons heelhartig hierin sal ondersteun. Ons het reeds ‘n klomp planne agtermekaar.

Enige iemand wat belangstel om betrokke te raak moet ons asseblief kontak.

Ek wil vra dat julle die sukses van hierdie projekte in jul gebede sal opdra en dat ons werklik daarin sal slaag om ons jongmense meer vaardig te maak en gereed vir die werkers toekoms wat vir hul voorlê.

Suné verwerf kwalifikasie om behoeftiges te help

Suné het Vrydagaand, 9 November 2012, haar “teachers” in model verwerf in goud. Ons is baie trots op haar. Haar plan is om hierdie kwalifikasie te gebruik om behoeftige jongmense ook die geleentheid te gee om in die “lime light” te kom deur hul af te rig en geleenthede vir hulle te skep. Ons hoop dat besighede dan sal belangstel om hierdie jongmense tydens hul funksies die geleentheid te gee om op die loopplank te verskyn en aan hulle ‘n minimale donasie te maak vir toekomstige geleenthede.

Baie geluk, Suné, ons is baie trots op jou en sien uit na dit wat jy beplan vir die toekoms.

Plans for next year

This Friday, 9 November, Sune will complete her final exam as a model and receive her teachers during a fashion show she has to organise and present herself. Tickets are R50 each and it will be held at Hoffe Park at the Boksaal in Kimberley. Anyone interested, please contact Sune at 084 512 9784. Please come and support her as well as all the models who are going to participate in the fashion show. Sune intends to use her “teachers” to the benefit of under privileged young people in Bloemfontein in a way to uplift them and give them some social and development skills from next year.

Diamond Splash 2012

Ons kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie! Nog net ‘n week oor voor die Mr & Miss Diamond Splash kompetisie wat hierdie jaar by die Flamingo Casino in Kimberley aangebied word. Die inskrywings begin nou fluks inkom en ons sien uit daarna om al die nuwe talent en natuurlik ons getroue deelnemers van elke jaar te sien.

Die opwinding begin natuurlik nou al hoe groter raak, want ons het nog self nie die diamante wat deur Pikwane Diamante geborg word gesien nie en kan nie wag om dit te gaan haal nie!

Ons is natuurlik ook baie dankbaar teenoor Modelcup SA se Dominique, Nicole en hul span vir die opofferings wat hulle maak om ons te kom ondersteun in hierdie groot jaarlikse projek van Suné.

Wel, ons hoop dat almal wat hier lees vandag gaan deelneem, of gaan kom kyk. Dit is immers julle wat dit op die ou end moontlik maak om ‘n verskil in behoeftige jongmense se lewens te maak.

Diamond Splash 2012

Net toe ons moedeloos wil raak, bring God weer hoop

Hierdie was nie ‘n maklike jaar vir Suné om borge en donasies in te samel nie. Die nadraai van die resessie het definitief die mense hard getref, of meer versigtig gemaak om by ander dinge betrokke te raak.

Net gister het ons nog gewonder of ons Diamond Splash hierdie jaar heeltemal moet afstel, omdat ons sukkel om pryse geborg te kry. Ons het besluit om dit in gebed op te dra en vroeg vanoggend ontvang ek toe die oproep wat die hele dag sommer meer na Lente as Winter laat lyk en my soveel hoop gee dat ek sommer ekstra huppel in my stap het.

Met die mynbedryf gaan dit blykbaar besonder moeilik en raak diamante al hoe skaarser, maar steeds het die goedhartige Mnr Trevor Pikwane van Pikwane Diamante besluit om nie hierdie projek in die steek te laat nie. Hy skenk weer vir ons diamante om Diamond Splash ‘n sukses te maak. Ons is ewig dankbaar teenoor hom asook Johan Roets wat nog van die eerste jaar af (2010) saam met ons die pad stap en ons ondersteun. Dit is ‘n besigheid wat ‘n mens met ‘n oop hart kan ondersteun.

My gebed is dat die Liewe Vader hierdie twee mans, hul gesinne en hul besigheid sal seën.

Dit is nie al nie… Nie lank na daardie oproep nie, laat weet Dominic du Plessis van The Caffeine Co. dat ‘n besigheid in Bloemfontein (wat nog nie eens vir Suné ontmoet het nie) haar sal ondersteun deur ‘n R1000 kontant donasie. Sodra ons met hom in verbinding getree het en sy toestemming het, sal ons jul graag meer van sy besigheid vertel om hom te ondersteun.

En soos hulle sê, dinge gebeur in driee en wraggies kry ek toe vanmiddag ‘n oproep van die Universiteit van die Vrystaat. Die Jool finalis van 2011 wat saam met Suné Kovsie Splash aangebied het, Geruan Geldenhuys, het gevra dat sy geld wat ingesamel is vir die Jool aan die Suné Zaaiman beursfonds uitbetaal moet word.

Wat ‘n geseënde dag was dit nie!

Sedert Suné met haar projekte begin het, is reeds 6 beurse vir jongmense moontlik gemaak.

Dominic Du Plessis en Layndon Wright van The Caffeine Co. in Bloemfontein wat hierdie webwerf vir ons met soveel entoesiasme en betrokkenheid bestuur en ‘n gratis diens lewer om Suné te help met haar fondsinsamelings, is beslis ook mense wat gerus ondersteun kan word as jul op die uitkyk is na ‘n webwerf en ander rekenaar produkte. Hulle het hierdie afgelope tyd ongelooflik baie vir Toekoms Fokus beteken en ons is hul ewig dankbaar!

Nog ‘n jong mens se lewe word verryk * Enrichment of another young person’s life

Die afgelope week het Suné weer hoop in die lewe van ‘n minderbevoorregte jong man gebring toe sy vir hom ‘n beurs gegee het om sy studies vir die jaar te voltooi. Die jong Frank van Wyk kom uit ‘n huis waar dit maar broekskeur gaan. Sy ma is ‘n huis bediende en het nie die finansies gehad om hom verder te laat studeer nie. Hy het moed bymekaar geskraap om vir Suné van Toekoms Fokus te nader. Danksy die Liewe Vader se genade is sy gebede verhoor en sal hy sy studies kan voltooi. Frank sal teen die einde van die jaar sy rekenaaropleiding voltooi en hoop dat ‘n plaaslike onderneming in Kimberley hom ‘n kans sal gee om die lewe vir sy familie beter te maak deur ‘n goeie werk te kry.

**************************

During the past week Suné brought hope in the life of an under- privileged young man when she gave him a bursary to complete his studies for the year. The young Frank van Wyk comes from a house where they really suffer from poverty. His mother is currently a domestic worker and cannot afford his studies. Thanks to the grace of God, Frank will be able to complete his computer studies with the bursary given by Toekoms Fokus. At the end of the year Frank will complete his studies and hope that a local company in Kimberley will give him a chance to a good work so that he can provide for his family.Sune and the receiver of the bursary