Get Adobe Flash player

PAYPAL DONATIONS

EFT DONATIONS

Diamond Splash
Acc Nr: 622 785 93 788
Bank: FNB
Branch Code: 231 002

ONS FACEBOOK BLAD

facebook

IEWERS GEHOOR

Loading Quotes...

Lilian

Ons Kinderhuis

Die afgelope Saterdag het Sune in samewerking met Hypnosis Spa en Artherapy ‘n praatjie gehou by Ons Kinderhuis in Willows.

Die boodskap was om nooit op te hou droom nie, maar om ook nie ‘n struikelblok in jou eie pad te wees nie.

Die kinders het dit baie geniet en saam met Hypnosis Spa sal ons nog ‘n pad stap vir Ons Kinderhuis.

Ons Kinderhuis

Kom ondersteun asseblief hierdie Saterdag, 21 Junie 2014, vir Sune Zaaiman en ander sprekers wanneer hul ten bate van Ons Kinderhuis motiveringspraatjies gaan lewer by Ons Kinderhuis,43 Victoria Weg, Willows van 12h00 – 16h00. Ons wil graag alle graad 10, 11,12, Studente en ouers daar sien.

******************************

All Grade 10, 11, 12, Students and parents are invited to Ons Kinderhuis, 43 Victoria Way, Willows, Bloemfontein on Saterday, 21 June 2014 from 12:00- 16:00. Sune Zaaiman and 4 other motivational speakers will deliver their speeches to benefit Ons Kinderhuis.


Gaan kyk gerus na hierdie skakel om van produkte ontslae te raak wat u nie meer gebruik nie, of om na iets te soek wat jy benodig.

Suné tree as een van die gassprekers op by die Florisbad vrouedag

Op 9 Augustus 2013 het Suné die geleentheid gehad om as een van die gassprekers op te tree by die Florisbad vrouedag wat gereel is deur die bekende radio omroeper, Jeanette Geldenhuys. Gaan luister gerus na haar toespraak by :

Sune op 16 Maart 2013 as gasspreker by Genade in Aksie se “Little Black Dress” funksie

Kyk gerus na Sune se toespraak tydens Genade in aksie se “Little Black Dress” funksie op 16 Maart 2013. http://www.youtube.com/watch?v=UOxJFSA6bHA

Suné en die Universiteit van die Vrystaat vat hande

Ons is ongelooflik opgewonde! Suné Zaaiman en die UV het hande gevat en gaan saam in “partnership” werk om projekte aan te bied om die Joe Solomon laerskool in Bloemfontein op te knap en vir die kinders van die skool geleenthede te skep wat hul goed oor hulself sal laat voel.

Hou gerus die media,ons blogs en Facebook dop vir meer inligting.

_____________________________________________________________________

We are extremely excited! Suné Zaaiman and the UFS is going into partnership to start projects that will help to do maintenance and upliftment at the Joe Solomon Primary School in Bloemfontein.

Keep an eye on the media and on our blogs and Facebook for more info.

Planne vir 2013

Kan jul glo die eerste week van die nuwe jaar is al amper weer op sy rug? Tyd vlieg so vinnig dat ons nie gras onder ons voete kan laat groei nie.

Toekoms Fokus beplan om hierdie jaar betrokke te raak by die vaardigheidsontwikkeling van behoeftige jongmense en ons hoop van harte dat die gemeenskap en besighede ons heelhartig hierin sal ondersteun. Ons het reeds ‘n klomp planne agtermekaar.

Enige iemand wat belangstel om betrokke te raak moet ons asseblief kontak.

Ek wil vra dat julle die sukses van hierdie projekte in jul gebede sal opdra en dat ons werklik daarin sal slaag om ons jongmense meer vaardig te maak en gereed vir die werkers toekoms wat vir hul voorlê.

Suné verwerf kwalifikasie om behoeftiges te help

Suné het Vrydagaand, 9 November 2012, haar “teachers” in model verwerf in goud. Ons is baie trots op haar. Haar plan is om hierdie kwalifikasie te gebruik om behoeftige jongmense ook die geleentheid te gee om in die “lime light” te kom deur hul af te rig en geleenthede vir hulle te skep. Ons hoop dat besighede dan sal belangstel om hierdie jongmense tydens hul funksies die geleentheid te gee om op die loopplank te verskyn en aan hulle ‘n minimale donasie te maak vir toekomstige geleenthede.

Baie geluk, Suné, ons is baie trots op jou en sien uit na dit wat jy beplan vir die toekoms.

Plans for next year

This Friday, 9 November, Sune will complete her final exam as a model and receive her teachers during a fashion show she has to organise and present herself. Tickets are R50 each and it will be held at Hoffe Park at the Boksaal in Kimberley. Anyone interested, please contact Sune at 084 512 9784. Please come and support her as well as all the models who are going to participate in the fashion show. Sune intends to use her “teachers” to the benefit of under privileged young people in Bloemfontein in a way to uplift them and give them some social and development skills from next year.

Diamond Splash 2012

Ons kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie! Nog net ‘n week oor voor die Mr & Miss Diamond Splash kompetisie wat hierdie jaar by die Flamingo Casino in Kimberley aangebied word. Die inskrywings begin nou fluks inkom en ons sien uit daarna om al die nuwe talent en natuurlik ons getroue deelnemers van elke jaar te sien.

Die opwinding begin natuurlik nou al hoe groter raak, want ons het nog self nie die diamante wat deur Pikwane Diamante geborg word gesien nie en kan nie wag om dit te gaan haal nie!

Ons is natuurlik ook baie dankbaar teenoor Modelcup SA se Dominique, Nicole en hul span vir die opofferings wat hulle maak om ons te kom ondersteun in hierdie groot jaarlikse projek van Suné.

Wel, ons hoop dat almal wat hier lees vandag gaan deelneem, of gaan kom kyk. Dit is immers julle wat dit op die ou end moontlik maak om ‘n verskil in behoeftige jongmense se lewens te maak.