Get Adobe Flash player

PAYPAL DONATIONS

EFT DONATIONS

Diamond Splash
Acc Nr: 622 785 93 788
Bank: FNB
Branch Code: 231 002

ONS FACEBOOK BLAD

facebook

IEWERS GEHOOR

Loading Quotes...

Monthly Archives: May 2013

My gedig- Vrees

Vrees is nie ‘n bestaan in my lewe
dit wat in ons lewe gebeur is vergewe en vergete
Vrees is daagliks hier rondom my
maar saam staan ek en my Redder sy aan sy
As vrees besluit om my seer te maak
weet ek my Here sal my hart aanraak
Vrees kan my nie onderkry
want my Here Jesus sal my weer bevry
Vrees sal altyd vir my loer
maar Jesus sal my van die donker af wegvoer
Vrees sal my altyd probeer verlei
maar saam staan ek en my Redder sy aan sy

NB!!!!!!!!!

Eya my mensies!! As my vriende wil ek julla ‘n huge gunsie vra. Ek het verlede jaar my teachers ontvang vir modelwerk wat beteken dat ek nou wettiglik my eie modelskool mag oopmaak. Ek het ‘n baie suksesvolle daggie gehad by Laerskool Joe Solomon hier in Bloem en julle sal nie raai hoeveel modelle sluit by my modelskool aan nie!!!!!! 36 !!!!!!!!!!!!!!!!!!! /// dis regtig uit en uit net die Here w…at hier gewerk het en ek sou dit nie kon doen sonder Hom nie. Al die eer gaan na Hom toe. Ek het nog nie ‘n naam vir my modelskool nie, so ek wil baie graag he julle moet vir my idee’s gee vir ‘n naam. Dit moet funky en onvoorspelbaar wees en asseblief, dit moet profesioneel wees. As daar dalk van julle mensies is wat ook graag by my modelskool wil aansluit, moenie bang wees nie. Julla is meer as welkom.(julla moet ofcource nou net in Bloem bly, hahahaha) soooooo ek vra baja mooi, comment asb op my post en gaan wild!!!!! Dankie julle, julla is great. so by the way,, ek sal dit waardeer as ek al ‘n naam het voor die einde van volgende week

Opwekking om God te loof en Hom te gehoorsaam

Psalm 95: 1-7

Kom, laat ons jubel to eer van die Here, laat ons juig tot ere van die rots van ons heil! Laat ons Sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig! Want di Here is ‘n grote God,ja, ‘n groot Koning bo al die gode.In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is Syne. Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droe lande wat Hy in sy hande geformeer het.Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het. Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van Sy hand. Ag, as julle vandag maar net vir Hom wou luister!

Die Here weet

Die Here weet wanneer jy moeg en moedeloos voel weens verpletterende omstandighede en situasies, weet die Here hoe hard jy probeer het.
Wanneer jy so lank trane gestort het en jou hart is beklemd, het die Here jou trane getel.
As jy voel jou lewe is doelloos en die tyd het jou agtergelaat, was die Here saam met jou.
Wanneer jy eensaam voel en jou vriende te besig is om te bel of nie verstaan nie…, wag die Here saam met jou.
Die Here is saam met jou wanneer jy voel dat jy alles probeer het en nie meer raad weet nie. Hy het die oplossing.
Wanneer niks meer sin maak nie en jy seer, verward en gefrustreerd voel, het die Here die antwoord.
As jou blik op die lewe verhelder en jy weer tekens van hoop vir die lewe vind, het die Here vir jou gefluister.
Wanneer alles klopdisselboom gaan en  jy volop stof tot dank het, het die Here jou geseën.
Wanneer iets verstommends gebeur en jy daai spesiale iemand vind, het die Here se glimlag op jou gerus.
As jy ‘n droom het om te volg en ook ‘n werklikheid het om uit te lewe, het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.
Onthou net, waar jy okal is, en wat jy okal in die gesig staar, die Here is by jou.— Anoniem

Die Here ons God

1 Samuel 2:1-3  ———–

Hanna bid: “Ek is vrolik, want die Here is by my.Ek is sterk, want die Here is by my. Ek lag vir my vyande, want U het my gered, en ek is bly. Daar is nie ‘n ander heilige God soos die Here nie.Daar is nie ‘n ander rots soos ons God nie. Julle moenie aanhou spog nie, julle moenie teen die Here praat nie, want die Here weet alles en Hy toets alles wat ‘n mens doen.”